Werkers se pensioen aftrekkings nooit inbetaal

Honderde werkers van die gelikwideerde Slabbert Burger Transport (SBT) is van hul pensioenbydraes beroof nadat dit van hulle salarisse afgetrek is en nooit aan ’n fonds oorbetaal is nie.

 

Voormalige werknemers van die gewese reus in die vervoerbedryf het die veiling bygewoon van die hoofkantoor perseel van SBT in Wellington.

 

Johann Krynauw, ’n likwidateur het bevestig dat ’n likwidasie-ondersoek getoon het dat tussen 300 en 400 werknemers se maandelikse bydrae tot ’n fonds wel van hul salarisse afgetrek is, maar nie oorbetaal is nie.

 

Steph Hugo, die eienaar van ’n aangrensende onderneming, het die hoogste bod van R6 miljoen ingesit en die SBT hoofkantoor kompleks gekoop.

Foto – Vragmotors by SBT perseel voor likwidasie