VSA weet nie waar is Snowden

Edward Snowden bevind hom nie meer in die Russiese hoofstad Moskou nie, maar bitter min weet waar hy hom werklik bevind.

 

Die Russe het tydelike asiel aan Snowden toegeken, maar sedertdien is Snowden se woonplek nie bekend nie.

 

Sy prokureur, Anatoli Koetsjerena, het aan “The Guardian” gesê die vorige VSA werknemer moes soos alle ander buitelanders in Rusland sy plek van heenkome verklaar.

 

Dít is gedoen alhoewel die juiste plek nie bekend gemaak word nie uit vrees vir Amerikaanse spioenasie agente.

 

‘n Russiese amptenaar het per abuis laat glip dat Snowden nie in Moskou as inwoner geregistreer is nie.