Vryemark werk nie in Afrika

 

Die vryemarkstelsel werk nie in Afrika nie, en die grond “kwessie” is vir die swartmense baie belangrik. Die beleid van gewillige koper en verkoper het nie gewek nie.

 

Dit is blykbaar tyd dat beter oplossings binne die Grondwet gevind sal word wat vir almal aanvaarbaar is.

Dit is die mening van ’n relatief onbekende akademikus, dr. Mo Ibrahim, wat ook die stigter is van die sogenaamde Mo Ibrahim Stigting.

 

Hy het opgetree tydens ’n Nelson Mandela-lesing by Unisa.

“Dit gaan nie oor wat mense dink hulle toekom nie, maar oor gelyke geleenthede en hoop. Suid-Afrika is die heel ongelyke land ter wereld met sy reuse gaping tussen ryk en arm,” het hy gesê.

 

“Die gaping tussen ryk en arm was veronderstel om met swart bemagtiging reg te stel, maar dit het nie gewerk nie.”

Ibrahim het in die toespraak uitgewys dat China binne 20 jaar ’n ernstige krisis sal ervaar omdat daar nie genoeg jong mense is nie.

 

“Die eerste ding waaraan ons aandag moet gee in hierdie land, is onderwys en opleiding,” het hy gesê.