Vrou word gruwelik verniel

 

“Hulle het my goed geslaan en gewurg en ek het heeltyd hardop gebid. Vir hulle ook!”

Dit is die woorde van mev. Isabel Coetzer (60) oor die gewelddadige aanval by haar plaas naby Hazyview.

 

Sy is deur twee swartes in haar plaashuis oorval terwyl sy die veiligheidshek toegemaak het. 

Die boewe was te gou op haar en het die hek oop gestamp, sodat sy uit paniek na haar oorlede man geroep het om hulp.

 

Sy is met kabel-binders en bloudraad vasgemaak.

“Die wreedheid van een het na vore gekom toe hy haar aanhoudend geskop, in die gesig geslaan, en haar talle kere gewurg het in ’n poging om haar te vermoor.

 

Sy het aanhoudend gebid terwyl die boewe gesê het hulle wil geld hê.