Vragskip benodig dringende hulp

Die vragskip, Kiani Satu  ondervind meganiese probleme terwyl  hy naby die kus by Buffelsbaai, in die Knysna omgewing is.

 

Die skip wat dikwels om die Kaap vaar, dra normaalweg ’n vrag rys en is van Kaapstad na Gaboen onderweg.

 

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) sê sowat 19 bemanning van die Filippyne en Oekraïne is op die skip wat na veiligheid gesleep word.

 

Die NSRI se woordvoerder, Craig Lambinon, het bekend gemaak dat die Smit Amandla-sleepboot vanaf Kaapstad gestuur is, maar die geweldige hoë deinings en sterk wind asook ’n besondere dugte misbank sal die reddingspogings aansienlik vertraag en belemmer.

Foto – , Kiani Satu  vragskip