Visser op parool

Cézanne Visser (35), ook bekend as adv. Barbie, is op parool vrygelaat. Sy het die helfte van haar tronkstraf in die vrouegevangenis in Pretoria uitgedien.

 

Die voorwaardes van haar parool is dat sy by die huis moet bly, behalwe as sy by die werk moet wees of ‘n erediens in die kerk moet bywoon.

 

Visser is op 17 Mei 2010 tronk toe weens seksmisdade. Haar mede-beskuldigde, Dirk Prinsloo het die land uit gevlug en dien nou tronkstraf uit in Belo, Rusland, na hy van ‘n bankroof skuldig bevind is.

 

Visser het skynbaar ‘n paar werksaanbiedinge ontvang. Ingevolge die paroolvoorwaardes mag sy ook nie plekke waar kinders, soos kinderhuise, besoek nie.