Vir die huisvrou – Turkish Delight

 

Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).

 

Hierdie week wil ons ‘n heerlike “Turkish Delight” resep met u deel. Kan enigiemand ons dalk help met ‘n mooi Afrikaanse vertaling vir “Turkish Delight”?  

 

Soos die naam vertel, kom dit oorpronklik van Turkye af. Daar was dit gemaak van heuning of molasse (as versoeters) , water en meel (as bindmiddels) en rooswater (vir pienk), of suurlemoenskil (vir geel) of lemmetjie (vir groen “Turkish Delight”).

 

Turkish Delight:

Bestanddele
2 k Suiker
2 e Mielieblom
1¼ k Water
1 e Gelatien
2 e Suurlemoensap
Versiersuiker

 

Metode
Week die gelatien in ‘n ¼ k koue water.
Meng die suiker en mielieblom en voeg 1 k water by.
Roer die suikermengsel oor stadige hitte totdat die suiker opgelos is.
Laat dit 5 minute lank kook.
Voeg die suurlemoensap by.
Verwyder van hitte en voeg die gelatien by.
Roer die mengsel tot gelatien opgelos is.
Gooi in ‘n gesmeerde bak.
Laat afkoel en sny in stukke.
Rol elke stukkie in versiersuiker.

 

Wenk
Net voor die mengsel in die bak gegooi word kan ‘n druppeltjie ligte rooi kleursel  bygevoeg word.