Vir die huisvrou- Marmite poffertjies

Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).

 

Hierdie week wissel ons bietjie die lekkernye af met ‘n soutigheidjie. Marmite-poffertjies is lekker goedkoop met bestanddele wat mens gewoonlik in jou koskas het.

 

Marmite poffertjies:

Poffertjies:

1 koppie meel

1 teelepel bakpoeier

1 koppie gerasperde Cheddarkaas

Halwe  teelepel sout

Driekwart koppie melk.

 

Marmite:

3 teelepels  marmite – nie Bovril of oxo nie

250 gram margarien

 

 

Meng die poffertjies se bestanddele saam. Skep dit in muffinpannetjies en bakdit  in ‘n warm oond totdat hulle ligbruin is.

Smelt die marmite saam met margarien en gooi dit oor poffertjies terwyl hulle nog warm is.