Verskrikte kiewiete vlug voor plakkers

Tientalle kiewiete moes inderhaas hulle eiers en nessies, al skreeuende, moes verlaat toe ’n horde swartes genadeloos toegesak het op ’n stuk grond wat hulle onwettig beset het in die Riebeeckstad omgewing.

 

Die gepeupel het met pikke en grawe die gebied bestorm om elkeen ’n “erf” op te eis van die sowat 5, 000 erwe wat onwettig “oopgestel” is.

“As die regering nie vir ons kan huise gee nie, bou ons dit self. Daarna sal ons eis vir water, riolering en elektrisiteit,” het die swartes se woordvoerders gesê.

Dié werkloses beweer dat raadslid Maureen Madumise, glo toestemming gegee het om die onwettige nuwe woonbuurt te begin.

 

Toe Madumise deur die media genader is om haar deel van die verhaal te hoor, het sy net uitgebars van die lag en hewig ontken dat sy toestemming gegee het.

 

Bertus Maritz, die munisipaliteit se prokureur, sê die hooggeregshof se hulp sal ingeroep word as die besetters nie gehoor gee en die plek ontruim nie.

 

Politieke waarnemers het aan Die Vryburger gesê dit is een van die prosesse wat toenemend plaasvind wat uiteindelik in ’n tweede Zimbabwe kan ontaard.