Verkeersbeampte se boewery

 ’n Paniekbevange dogtertjie skree vir haar ma: “Mamma, is dit hoe verkeersmense in Suid-Afrika optree?”

 

Dit was die woorde van ’n 13 jarige dogter na ’n swart verkeersbeampte haar agter die stuurwiel, deur die venster van die voertuig, wou uitsleep.

 

Ma en kind was van Witrivier op pad na Hoedspruit met ’n bakkie en sleepwa waarop daar twee perde was.

.

Die Verkeersbeampte wou haar laat aftrek by ’n padversperring. Sy kon nie ’n geskikte plek kry om stil te hou met die sleepwa en perde daarop nie, en het dit vir die beampte gesê. Sy sê toe sy ry tot waar sy ’n plek kry om af te trek van die pad.

 

’n Paar kilometers verder het sy loeiende sirenes agter haar gehoor en blou ligte gesien aankom. Sy het dadelik stilgehou.

 

Die een verkeersman het die bakkie bestorm, wou die deur oop pluk wat gesluit was, en toe sy die ruit afdraai om te praat, probeer hy haar deur die venster uit die bakkie sleep.

 

Hy sê vir haar sy het weggejaag van die padblokkade af.

 

“Hoe jaag jy weg met ’n bakkie en ’n sleepwa met twee perde daarin”? wou sy weet.

 

Dit is toe dat hy haar deur die venster gegryp het . Toe dit nie slaag nie, wou hy die sleutels afvat, en breek dit toe af in die proses.

 

Die twee beamptes wou haar uit die bakkie ruk, maar sy was nog vas gegordel. Toe wou hulle haar boei.

 

 “My arms en bene is vol blou kolle en my nek is beseer soos hulle my rondgepluk het.”

 

’n Winkeleienaar daar naby het nader gehardloop om haar te help. Iemand anders het intussen die polisiebeampte  by die padversperring oor die voorval ingelig.

 

Intussen kon sy daarin slaag om die voertuig om te draai en terug gery na die padblokkade.

 

Daar het die hoofbeampte haar om verskoning gevra en gesê sy kan maar ry.

Sy gaan beslis ’n klagte van aanranding teen die verkeersbeamptes indien.