Verdowingsmiddel weer beskikbaar

Dental Warehouse beskik oor die alleenreg om die verdowingsmiddel, Scandonest-3%, in te voer na Suid-Afrika. Dit is ’n verdowingsmiddel wat nie vaat-vernouers bevat nie. Adrenalien is gewoonlik in sulke middels te vinde.

 

Tandartse gebruik die middel daagliks en kommer het ontstaan dat daar nie voldoende voorraad in die land is nie aangesien dit maande lank in kwarantyn was om toetse te ondergaan.

 

Die vervaardiger het noodsaaklike toetse gedoen omdat die oorspronklike bron nie meer van die rou materiaal lewer nie en gevolglik is ’n ander voorsiener betrek.

 

Volgens ’n woordvoerder is die MBR se toetse uitgevoer en die produk het in alle opsigte geslaag wat verskaffing weer moontlik maak.