Veiligheid – tien wenke wat kan help

Deel die wenke met jou gesin en vriende

1. Die elmboog is die sterkste punt van die liggaam. As dit nodig word en die vyandige is naby genoeg, gebruik dit!

2. As ’n rower jou beurs of handsak wil afneem, moet jy dit nie oorhandig nie, maar gooi dit so vêr weg as wat jy kan. Hardloop in die teenoorgestelde rigting en soek veiligheid. Die kanse is 95% dat die skurk na die weggegooide beursie sal gaan.

3. As jy in ’n motor se kattebak beland kan jy die remlig uitskop of ontkoppel as jy kennis het daarvan. Steek jou hand deur die oop gat waar die lig was en waai vir almal. Iemand gaan besef wat is gaande, en die motorbestuurder kan ’n verrassing kry.

4. Veral dames het die gewoonte om nadat hulle inkopies gedoen het, met ’n oop motordeur  eers weer die pakkies na te gaan en onnodige tyd te verspil. Moenie dit doen nie. Sit die pakkies in die kattebak, sluit dit en die deure, en ry huis toe.

5 As jy verras word met ’n dief in die motor gebeur die volgende gewoonlik: Sodra jy begin ry, kom hy agter die sitplek uit en gee ’n bevel met ’n pistool teen jou kop. Moenie sy bevele gehoorsaam nie – moenie stop of langs die pad aftrek nie, ry vinniger en begin die toeter blaas, sit die waarskuwingsligte aan en trek ander se aandag.

6. Moenie alleen van trappe gebruik maak op stil afgesonderde plekke nie, gebruik die hyskraan maar maak seker daar is nie ’n enkele persoon alleen in die hysbak nie.

7. Indien jy deur iemand met ’n vuurwapen aangehou word, is dit beter om te begin hardloop, verkieslik sig-sag . Die kanse dat hy jou sal raak skiet is minder as wanneer jy bly staan het.

8. Dames: Moenie altyd almal glo nie – en hou op om simpatiek te wees teenoor ander  wat jy nie ken nie. Hulle kan jou besteel, verkrag en vermoor.  Hou eerder die pepersproei gereed!

9. Wees versigtig om te reageer op die gehuil van ’n baba wat nie sigbaar is nie, en waarvan die mense onbekend is of vreemd voorkom, en wat by jou wil hulp vra. Jy is hulle volgende slagoffer. Dit mag ook gebeur dat die gehuil reg voor jou huis gehoor word. Moenie die deur oopmaak nie!

10. Die jongste is om in die nagtelike ure wakker te word en te hoor ’n kraan loop buite in die tuin. Moenie uitgaan om te gaan toedraai nie, dit is ’n lokval!