Veediewe se vragmotor gevind

Die Vragmotor wat blykbaar gebruik is in die diefstal van beeste in Noord- en ook Wes-Transvaal, is glo deur die polisie opgespoor.

 

Die dief het sowat 160 beeste ter waarde van meer as R2 miljoen gesteel en blykbaar by slagpale afgelaai en die geld in sy sak gesteek. Talle boere het stoetvee verloor in die hele proses.

Van al die gesteelde diere is slegs drie maer beeste nie geslag nie. Blykbaar word ’n boer van die Heidelberg distrik gesoek in verband met die stelery, aangesien hy waarskynlik meer lig op die saak kan werp.

Mnr. Thinus Groenewald, of enige iemand wat weet waar hy hom bevind, word versoek om die Veediefstaleenheid te skakel by 082 335 1083