Vavi ontruim sy kantoor.

 

Te midde van pogings deur die nasionale ampsdraers van die vakbondfederasie om vure dood te slaan, het Zwelinzima Vavi sy kantoor in Cosatu-huis ontruim.

 

Vavi is van al sy verpligtinge onthef hangende ‘n tugverhoor deur ‘n onafhanklike buitestaander. Enige twyfel oor die uitslag is egter uit die weg geruim deur Bheki Ntshalinshali, Vavi se adjunk, wat sy pligte oorneem, wat gesê het dat Vavi skuld erken het en verskoning gevra het.

 

Die Naional Union of Metalworkers (Numsa), Vavi se sterkste bondgenoot, oorweeg dit om aan Cosatu te onttrek, maar volgens Dlamini het die vakbond nog niks amptelik daaroor aan Cosatu gesê nie.