Valke ondersoek Pippie-fonds

’n Klagte in ingedien by die Valke dat die Pippie-fonds wanaangewend word.

 

Volgens berigte sal die Valke die klagte ondersoek. Die “Pippie se Gesiggie-fonds” wat in 2012 gestig is, word deur Pippie se ouers bestuur.

’n Woordvoerder van die Valke beweer dat ’n klagte ingedien is dat geld wat aan die Pippie-fonds geskenk is, verkeerdelik aangewend word deur mev. Kruger om haar leefstyl te finansier.

 

 “Ons sal die klag ondersoek alvorens ’n amptelike saak geopen sal word en die klag word in ’n ernstige lig beskou,” het kapt. Paul Ramaloko, van die Valke, gesê.