Tweede keer die slagoffer

Mev. Engelie Vermooten (60) is in 2007 erg getraumatiseer tydens ’n plaasaanval toe terroriste haar man koelbloedig doodgeskiet het en haar vasgebind gelos nadat hulle op die vlug geslaan het.

 

Nou, na 6 jaar later, stap drie swartes van Lesotho onverwags in haar huis toe sy besig is om TV te kyk.

Hulle wil haar nie doodmaak nie. Weer word sy vasgebind, sommer met breiwol wat in die vertrek was. Hulle is ongewapen, en soek rekenaars, selfone, geld en duur juwele.

 

“Ek het gedink aan wat hulle alles met my kan doen.. Hulle was nice rowers, as daar deesdae so-iets bestaan”.

.Na hulle weg is het sy daarin geslaag om haar los te maak en haar familie geskakel. Niemand is nog in hegtenis geneem nie