Twee susters vas weens bedrog

Salome Kruger en haar suster Maria is albei aangekla van bedrog, geldwassery en diefstal ten bedrae van meer as R500,000.

 

Die verhoor van Salome (35) en Maria (37), albei van Bloemfontein, is  deur die streeklanddros Dawn Soomaroo tot 23 Augustus uitgestel.

Die twee susters is elk op borgtog van R1,000 elk vrygelaat.

 

Volgens die klagstaat was Salome die betalingsbestuurder van Corporate Payroll Institute in Bloemfontein en die Staat beweer Salome het haar en haar suster se bankrekeningnommers op die elektroniese betaalstelsel geplaas en só van die geld na hul rekenings oorgeplaas.

 

Altesaam 208 sulke oorbetalings is gedoen.