Twee sterf in vliegongeluk.

Twee middeljarige mans van Nieu-Seeland is dood nadat hulle vliegtuig naby Bourkes Luck in die Blyderiviervallei geval het. Die vliegtuig het vermoedelik in sterk winde in die moeilikheid geraak en in die berge vasgevlieg.

 Die mans was John Walton, die vlieënier en Richard primrose.

 

Volgens Johnny Smit van die lugvaart soek-en-reddingsentrum in Johannesburg was die twee glo met hulle derde vakansie in Suid-Afrika. Hulle het elke keer ‘n vliegtuig gehuur en na verskeie bestemmings in die land gevlieg.

Foto – Blyderivier gebied