Tradisionele geneser toe swendelaar

‘n Swendelaar wat hom as ‘n tradisionele geneser voorgedoen het, is spoorloos met die  geld van ‘n Noord-Kaapse paartjie wat R1 miljoen aan hom betaal het.

 

Die paartjie, wie se name nie vermeld word nie, is van Daniëlskuil in die Noord-Kaap. Hulle het gereageer op ‘n advertensie van die sogenaamde "tradisionele geneser" van Postmasburg, wat hulle belowe het dat hulle rykdom en voorspoed, asook goeie gesondheid sal geniet.

 

Die swendelaar, bekend as Prof. Latibu het die “slagoffers” by hul huis in Danielskuil besoek waarna hulle die geld oor ’n tydperk van twee maande aan hom betaal het.

 

Die swendelaar is blykbaar ‘n buitelander en het daarna spoorloos verdwyn.