Top-student verwerf top toekenning

Gerdus Benade (23) het as die vierde beste matrikulant nou, vyfjaar later, die hoogste toekenning by die Universiteit Stellenbosch ontvang vir sy prestasies in die Natuurwetenskappe.

 

Hy het as ’n honneurs student met B.Sc. wiskundige wetenskappe, ’n besondere prestasie behaal, deur ’n volgehoue gemiddelde, oor die studietydperk van vier jaar, van 87.4% te handhaaf

Die jongman is nou besig met sy meestersgraad.

 

Hy het in matriek nie minder as tien onderskeidings gehad nie

Hy sê hy is onseker oor volgende jaar. Hy oorweeg dit egter om ’n aantal

Ph D-programme te volg.

 

Foto – Universiteit Stellenbosch