Tientalle senior poste steeds vakant

Die Minister van Onderwys, Angie Motshekga is al weer in die sop omdat sy nie die 33 senior poste in haar departement vul nie.

 

Die Minister is glo erg gestriem oor die belangrike senior poste in haar Departement wat steeds vakant is.

 

Opvoedkundiges sê dit verklaar deels waarom die openbare onderwys in ’n swak toestand is en wat ook weerspieël word in die prestasies wat uiters swak vergelyk met dié van privaat skole.

 

Die vakante poste sluit in die afdelings vir beplanning, dienslewering, strategie, kurrikulumbeleid, ondersteuning en monitering, mense-bestuur, navorsing, kommunikasie, inligting en finansies ens..

Foto –  Angie Motshekga