Terroriste verniel middeljare dame

In nog ’n plaasaanval in die Thornville omgewing naby Pietermaritzburg. is ’n 63-jarige dame ernstig beseer toe terroriste haar met ’n stomp voorwerp geslaan het.

Die aanval is omstreeks middernag uitgevoer, en dit is nog nie bekend hoeveel aanvallers betrokke was nie.

Die dame, wie se naam nog nie verstrek kan word nie, verkeer tans in ’n kritieke toestand in die Netcare hospitaal.

Paramedici kon daarin slaag om haar op die toneel te stabiliseer, waarna sy inderhaas na die hospitaal vervoer is.