Terroriste vermoor sakeman


Die sakeman, Jochen Radel (59), is in ’n plaasaanval vermoor en het erge kopwonde opgedoen, wat volgens getuienisse “te erg vir woorde is” om te beskryf.

Mnr. Gerrit Schaafsma, ’n vriend van Rädel, sê dit is die onbeskryflikste gesig wat hy ooit aanskou het.
Rädel is Sondag, op die bouperseel waar sy nuwe huis in aanbou is, met ’n stomp voorwerp aangeval en vir dood agter gelaat deur sy moordenaars.

Hy is Medi-clinic toe geneem maar het die volgende dag aan veelvuldige beserings beswyk. Die gesin het sy organe vir skenking beskikbaar gestel.