Terroriste vermoor egpaar

 

Die bejaarde Pikkie Stassen (75) en sy vrou, Rina (74) is in die oggendure in hulle woonplek in Kempton Park vermoor.

 

Hul dogter Karin het onraad gemerk toe sy haar seuntjie by Ouma Rina wou aflaai.

Vermoedens bestaan dat mnr. Stassen oorval is in sy garage toe hy wou ry. Hy is blykbaar met ’n skroewedraaier vermoor.

 

Mev. Stassen is vasgebind gevind in die slaapkamer waar sy vermoedelik versmoor is deur die terroriste.

Die terroriste is weg met die egpaar se BMW.