Terroriste skiet ma van twee


Mev. Teresa Hammond (43) van Ekandustria naby Bronkhorstspruit is in haar arm gewond toe terroriste ’n aanval uitgevoer het op haar, en haar gaste is selfs op die teerblad rond gesleep.

Teresa is in die arm gewond en die gaste is hulle selfone, horlosies, beursies en kosbare juweliersware kwyt.

Sy het op die boonste vloer van die huis, saam met haar kinders geslaap terwyl die gaste in die gastekamer in die onderste vloer was.

“Toe ek 01:30 wakker word, is daar ’n vuurwapen teen my kop,” het sy later vertel.

Die 8 terroriste het met ’n leer opgeklim en die slapende mense oorval.
Teresa het nog geleentheid gevind om haar kinders weg te steek terwyl die swartes die huis deursoek het.

Sy het geleentheid gevind om die gaste te gaan waarsku, maar die boewe het op die gaste toegesak en Derick Lidston aangerand.

Sowat 45 minute later het die skurke op die vlug geslaan.
Derick is ernstig beseer en inderhaas na die Pretoria-Oos hospitaal geneem.

’n Polisiewoordvoerder het gese dat ’n werknemer vasgetrek is, maar wou geen vêrdere besonderhede verstrek nie.