Televisiekanaal vir skool.


‘n Stowwerige kolekamer is omskep in ‘n ten volle toegeruste ateljee en televisiekanaal.

TralieTV, die geesteskind van vier matrikulante, van die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein, gaan reeds van krag tot krag; tot so ‘n mate dat hulle nou al maatreëls getref het dat die projek in veilige hande is as hulle die einde vanjaar die skool verlaat.

Cornel Vermaak, redakteur van die Tralia Varia, die skoolkoerant, het drie van sy vriende opgekommandeer om artikels vir die skool se blog te lewer.

Die drie, Stephan Diedericks, Jaco van Bosch en Evan Buys het gemeen hulle kan nie goed skryf nie, maar video’s kan hulle maak en so is TralieTV gebore.

Met die hulp van ‘n borg, ‘n oupa se ou videokamera, ‘n groen gordyn, min kennis maar baie waagmoed is die projek begin.

Slegs Jaco het sy loopbaankeuse verander en gaan nou pleks van ingenieurswese aan ‘n rolprentskool in Johannesburg studeer.

Die ander drie gaan onderskeidelik argitektuur, medies en mikrobiologie studeer.