Susters twee sterre.

Hollywood mag wink vir twee jong susters wat gesamentlik 28 medaljes by die wêreldkampioenskap vir die uitvoerende kunste in Los Angeles, Kalifornië, verower het.

 

Daniah (10) en Jedijah de Villiers (12), twee susters van Jeffreysbaai het altesaam 29 medaljes in verskeie afdelings, insluitend duet-sang en solo-drama, gewen. Hulle het ook in die finale beoordelings gewen.

 

Daniah is as die beste aktrise in die junior afdeling bekroon terwyl haar duet met haar suster as die beste sanggroep aangewys is.

 

Volgens hulle pa, Pierre, het verskeie agente en talentbestuurders belangstelling in Daniah getoon. Een agent het verneem of hulle nie sou belangstel om na Los Angeles te verhuis nie.