Suid-Afrika wapenverkope byna R2 miljard

Sedert April vanjaar het Suid-Afrika wapens ter waarde van meer as R1,7 miljard aan ander lande verkoop.

 

Dié inligting is bekend gemaak in die Nasionale Komitee vir die beheer oor konvensionele wapens (NCACC). Dit is die tweede kwartaal se verslag wat verlede week in die parlement gedien het.

 

Die grootste transaksie is met Swede aangegaan en beloop R555 miljoen. Hierna volg

Thailand wat R505 miljoen se aankope gedoen het.

 

Die Verenigde State van Amerika derde met aankope van R375 miljoen. Azerbaijan het meer as R131 miljoen se aankope gedoen en Finland het R129 miljoen bestee.

 

Toerusting ter waarde van R26 miljoen is aan die Verenigde Nasies (VN) verkoop.

 

Kleiner aankope is gedoen deur lande soos Egipte met R18 miljoen, die Verenigde Arabiese Emirate met R113 miljoen en Brittanje het R46 miljoen spandeer. Verder het Saoedi-Arabië vir R61 miljoen,  Duitsland vir R56 miljoen en Pakistan vir R45 miljoen aangekoop.