Student se eis toegestaan

 

Daniel Chong (25), ’n Kaliforniese student is in ’n polisiesel aangehou, maar is daar vir vyf dae vergeet. Hy moes die hele tyd sonder kos en water klaarkom.

 

In ’n skikkingsooreenkoms met die betrokke Departement, moet daar nou sowat R40 miljoen as vergoeding aan hom uitbetaal word.

 

Chong is saam met ’n aantal ander studente gedurende April 2012 in hegtenis geneem ná ’n klopjag op die kampus en sou ná ondervraging vrygelaat word.