Student in kattebak toegesluit.

‘n 23-jarige student aan die Universiteit van Johannesburg is ontvoer en langer as ‘n uur aangehou terwyl die dief geld uit al haar rekeninge onttrek het.

 

Volgens die student, wat anoniem wil bly, het sy ‘n paar honderd meter ver van die sekuriteitsdienste geparkeer by die Kingsway-kampus in Aucklandpark.

 

‘n Gewapende man het haar genader en haar selfoon en bankkaarte afgevat. Hy het gesê dat hy geld wil trek, maar het haar hande vasgebind en daarna alles uit die kattebak gehaal en haar daarin gesit.

 

Sowat ‘n uur nadat sy ontvoer is, is die student naby Eldorado Park afgelaai, waar sy ‘n saak aanhangig gemaak het.