Student geskiet.

‘n Student aan die Universiteit van Johannesburg (UJ) wat deur minstens twee gewapende mans oorrompel en geskiet is terwyl hy en sy vriendin besig was om terug te loop kampus toe, is in ‘n stabiele toestand in die Milpark-hospitaal.

 

Die terroriste wou die studente se selfone steel. Die vriendin het na die veiligheidswagte by die Doornfontein-kampus se ingangshek gehardloop en om hulp geskree. Haar vriend is in die arm geskiet sonder dat sy selfoon gesteel is.

 

Die voorval volg kort op die ontvoering van ‘n 23-jarige vroulike student by die UJ se Kingsway-kampus in Auckland Park.

 

‘n Eerstejaarstudent (18) aan die UJ is in dié verband in hegtenis geneem. Op kringtelevisie kan gesien word hoe die verdagte deur die hekke jaag. Die veiligheidswag aan diens, wie se diens intussen opgeskort is, het die voorval eers sowat ‘n uur later aangemeld.