Stropers vergiftig aasvoëls

Sowat 500 aasvoëls is in die Caprivi-gebied van Namibië vergiftig deur olifant stropers wat doelbewus ’n karkas in die Bwabwata-reservaat met gif behandel het omdat die aasvoëls die stropers se bewegings verraai.

 

 Mnr. André Botha van die Trust vir Bedreigde Natuurlewe sê dat volledige inligting nog nie bekom is nie, alhoewel dit wil lyk of die olifantstropers doelbewus die gif ingeplant het.

 

Dit is die stropers se metode om van die voëls ontslae te raak, en ook vir toekoms hulle stropery daarmee vergemaklik.

 

 Die aasvoël is bekend daarvoor dat hy karkasse baie vinnig opspoor. Dit verklap die stropers se posisie en daarom vergiftig hulle nou die karkasse om daarmee die voëls uit te roei.

 

Volgens Botha was die meeste van die voëls waarskynlik witrugaasvoëls.