Stropers doodgeskiet in Wildtuin

Die afgelope naweek is vier renosterstropers in die Krugerwildtuin doodgeskiet deur veldwagters wat op diens was.

Die veldwagters het glo verlede Saterdag op ses stropers in die Krugerwildtuin afgekom en ’n klein oorlog het uitgebreek tussen die stropers en die veldwagters. Vier van die stropers is doodgeskiet en die ander is in hegtenis geneem.

Kenners meen dat die sogenaamde “oorgrens” wildtuinbedryf grootliks bydrae daartoe dat stropers maklik oor die grens kan beweeg wat die taak van wildbewaarders bemoeilik.