Solidariteit stel FW se boek bekend

Die vakbond Solidariteit het tydens ’n bekendstellings geleentheid van ’n boek oor “regstellende aksie”, van die geleentheid gebruik gemaak om oud ministers soos Pik Botha se mening te vra oor die ANC se “regstellende aksie” beleid.

 

Groot gewag word gemaak van die feit dat die swak onderhandelaars van die NP nooit bedoel het dat “regstellende aksie” só toegepas moes word as wat tans die geval is nie.

 

Dít is glo een van die punte wat FW. de Klerk in sy nuwe boek oor sogenaamde regstellende aksie probeer maak en wat deur die vakbond Solidariteit by die onvoltooide brug op Helen Suzman-rylaan, in die Groenpunt omgewing, bekend gestel is.

 

Pik Botha, F W de Klerk en ander politici het nou uitsprake gemaak wat daarop dui dat dit nooit die bedoeling was dat “regstellende aksie” toegepas moet word soos wat die ANC dit doen nie.

Foto – Paul v Deventer, Flip Buys van Solidariteit en FW de Klerk