So word konsultante ryk.

 

Munisipaliteite stel onbekwame mense in sleutelposte aan en dan moet peperduur konsultante sorg dat die boeke klop.

 

Die Ouditeur-generaal (OG) waarsku in sy 2011-’12 verslag oor plaaslike regering oor die tendens.

 Net 5% van die 317 metro’s, distriksrade, plaaslike munisipaliteite en entiteite wat die OG geoudit het, het skoon oudits gekry.

 

Van die 317 munisipaliteite en entiteite wat die OG geoudit het, het 71% van konsultante gebruik gemaak. Die besteding aan konsultante het in een jaar met 28% (R83 miljoen) gestyg. Meer as R378 miljoen is aan konsultante bestee.