Snowden bly in Rusland.


Edward Snowden, fluitjieblaser uit die VSA, wat die wêreld oorhoops het met sy onthullings van Amerikaanse spioenasiebedrywighede, het tydelike asiel in Rusland ontvang.

Sy prokureur, Anatoly Kucherena, het gesê dat hy die nodige dokumentasie ontvang het wat Snowden sal toelaat om Russiese gebied te betree. Volgens inligting het hy reeds die transitarea van die Sheremetyevo lughawe verlaat.

Tydelike asiel is vir ‘n jaar aan hom toegestaan. Ten spyte van ‘n groot perskorps by die lughawe het hy die transitarea ongesiens verlaat in die teenwoordigheid van Wikileaks se Sarah Harrison.