Sigaret smokkelaars uitgevang

Die polisie in Wes-Transvaal het twee buitelanders, een uit Pakistan en ’n ander van Mosambiek in hegtenis geneem en beslag gelê op hul smokkel-sigarette met ’n beraamde waarde van nagenoeg R13 miljoen

 

Die polisiebeamptes het blykbaar ’n wenk ontvang  en by Rhenosterfontein, in die Rustenburg omgewing, die vonds gevind.

 

Die twee verdagtes was blykbaar besig om die sigarette van een vragmotor na ’n ander oor te laai toe hulle betrap is.

 

Hulle sal glo binnekort in die hof op Rustenburg verskyn