Seuntjie doodgebrand

Klein Zaydon Jooste,(3) van Bethal in Oos-Transvaal, is Woensdagoggend dood as gevolg van veelvuldige brandwonde toe ’n kragopwekker naby hom aan die brand geslaan het.

 

Zaydon het erge brandwonde opgedoen oor sy liggaam, met swelling op die brein. Hy is vyf dae later oorlede in die hospitaal op Springs aan die Oos-Rand.

“Sy ouers is stukkend,  en ’n baie moeilike tyd lê vir hulle voor”, was die woorde van Annerie du Plooy, stigter van die Hero Burn-stigting.

“Toe ons sien, toe vat die masjien vlam en ongelukkig is Zaydon deur die vlamme getref, “het sy pa later gesê.

’n Polisie woordvoerder, ene Ramphora het gesê ’n geregtelike ondersoek na Zaydon se dood is aan die gang.