Sesjarige speel Boeremusiek

Jongeheer Kosie Beukes van Boksburg kan kwalik sy naam skryf maar sy hande is gereed om in die Boeremusiek orkes te speel.

 

Kosie is die jongste konsertinaspeler in Suid-Afrika. Hy speel reeds saam met volwasse orkeste en is reeds deur die Boeremusiekgilde erken.

Hy maak reeds nuwe liedjies en doen dit suiwer op gehoor.

 

Kosie is ’n jong leerling in graad 0 by die Fairy Land-kleuterskool in Boksburg.

Hy het binne drie weke 22 bestaande Boeremusiek liedjies leer speel en spog daarmee dat hy besig is om sy pa, wat “lekker jaloers is”, verby te gaan.

.

Die Boeremusiekgilde het erelidmaatskap aan die jongeling toegeken.