Selfmoord na moordklag.

 

‘n Ma wat saam met haar eksman van die moord op haar drie en ‘n half weke oue babseuntjie aangekla is, het haarself in Port Edward opgehang.

 

Juanita Fourie (28) het saam met Christian Oldewage (27) in die Pretoriase Hooggeregshof op aanklagte van kindermishandeling en die moord op hulle jong seuntjie, Christiaan tereggestaan.

Die seuntjie is op 13 Desember verlede jaar aan veelvuldige beserings dood. Hy het ondermeer skedelbreuk en gebreekte ribbes gehad.