SAUK verkwis nog geld.

‘n Bedrag van R10,9 miljoen aan regskostes teen 14 van sy eie werknemers is sedert 1 Januarie 2009 deur die SAUK bestee.

 

Hiervan is R1,9 miljoen in regstappe teen Phil Molefe spandeer. Die klagte teen Molefe is ondermyning van gesag "lek van inligting aan die pers."

 

Ofskoon die SAUK sy volle kontrak uitbetaal het, het Molefe die saak nou na die Appélhof geneem. Hierdie inligting is deur die Minister van Kommunikasie, Yunus Carrim bekend gemaak.

 

Volgens Carrim het die SAUK reeds R5,4 miljoen aan regstappe teen sy finansiële hoof, verkrygingshoof en aankopebestuurder bestee.

 

Die SAUK het ‘n geskiedenis van groot uitbetalings aan hooggeplaasdes wat nie die mas opkom nie. Reuse bedrae geld word spandeer om van mense ontslae te raak.

 

Adv. Dali Mpofu het as groephoof van die uitsaaier in 2009 onregmatige kontrakte van meer as R300 mijoen met verskaffers aangegaan. Daarvoor is hy drie keer geskors voordat die SAUK hom ‘n skeidingspakket van meer as R12 miljoen betaal het.

 

Mpofu se opvolger, Solly Mokoetle, is in 2011, R3.1 miljoen in ‘n skeidingspakket uitbetaal.