Sanral se E-tol soek geld

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) soek dringend geld by verskillende bankiers in die land. Na verneem word benodig Sanral sowat R1,5 miljard om sy skuld te delg.

 

Alex van Niekerk, die projekbestuurder van die Sentraal Transvaalse  Hoofweg Verbeteringsprojek (GFIP), het glo gesê die grootste deel van die bedrag is nodig om skuld te betaal.

 

As die geld nie bekom word nie, gaan Sanral “sukkel in die volgende drie maande”.

 

E-tol se koste om die stelsel te bedryf sal sowat R25 miljoen per maand beloop.

 

Sanral het nie bekend gemaak by watter banke hulle aangeklop het nie.