SAID-spook by Malema se huis

Die halfgeboude huis in Johannesburg, wat oorspronklik deur Julius Malema laat bou is, en op ’n veiling gekoop is, se nuwe eienaar word nou ook deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) ondersoek.

 

Die SAID het bevestig dat ’n bedrogsaak by hulle aangemeld is.

Die “Sowetan” het berig dat die koper, ene Norman Tloubatla, blykbaar fakture vervals het om belasting te ontduik. Tloubatla het Malema se huis in Mei 2013 vir R5,9 miljoen op die veiling gekoop.