SABC bly spandabelrig

Die Nasionale Uitsaaier het meer as R6,miljoen aan buitelandse opleiding spandeer om 23 senior bestuurders verder te bekwaam en daarmee 22% van die totale begroting vir opleiding bestee aan minder as een persent van die personeel.

 

Ongeveer R200 000 aan kursus fooi is bestee per bestuurder wat vir ’n ontwikkelingsprogram na China en Singapoer gestuur is.

 

Die program is glo ontwerp om uitvoerende en senior bestuurders te help om by die vinnig veranderende media omgewing aan te pas.

 

Meer as 150 werknemers van verskillende posvlakke het reeds opleiding ontvang te midde van die dreigende staking van personeel oor salaris verhogings.

 

Verhogings moes reeds in April betaal gewees het, maar die SABC gee glo nie gehoor aan die eise wat gestel is nie.