SA Weermag in DRK kos miljoene

Die Suid-Afrikaanse Weermag is weer betrokke by buitelandse rebelle-gevegte. Hierdie keer is 1,345 SANW soldate na die DRK gestuur om saam met die Verenigde Nasies se spanne te probeer om die rebellegroepe in toom te hou.

Jacob Zuma het glo Vrydag gesê, die SANW se deelname aan die intervensie-mag, gaan die land R402 miljoen in die kort tyd van nege maande kos.

Die koste is waarskynlik uitermatig hoog omdat die SANW al weer van huurvlugte moes gebruik maak om die soldate en toerusting in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) te kry.

Die vorige buitelandse operasie van SANW troepe was met die “Slagting van Bangui” toe talle soldate doodgeskiet is deur rebelle, en die Suid-Afrikaanse soldate paniekbevange moes weggehardloop. 

Foto – SA Soldate begrafnis