SA se toerisme floreer

Terwyl die wêreld se toerisme verlede jaar met slegs gemiddeld 4% kon groei het dit in Suid-Afrika met byna 11% toegeneem.

 

Dit lyk asof die wêreld vanjaar meer toeriste kan verwag en Griekeland het reeds te kenne gegee dat daar ‘n oplewing is.

In Egipte het toerisme weereens tot stilstand gekom weens die nuutste onluste.

 

Tafelberg se kabelspoor het die afgelope Desember-seisoen rekord getalle ervaar met groei wat met 19 000 toegeneem het tot 119 000 besoekers. Die Johannesburgse maatskappy, JTC, was in 2012 tydens die World Travel Awards 2012 genomineer as die “World’s Leading Toerist Board”.

 

Besoekers uit Afrika en die Ooste is veral besig om toe te neem na Suid-Afrika. Volgens Marthinus van Schalkwyk, die ANC regime se minister van toerisme, word daar vir 2014 minstens 100 000 besoekers uit Indië verwag. Van Schalkwyk se adjunk minister, Tokzile Xasa, het ‘n paar maande gelede gesê dat die land nog meer toeriste kon verkry het, maar dat die negatiewe rapportering van die openbare media oor gebeurtenisse in die land toerisme benadeel.