Russe waarsku Yankees

Sergei Lawrof, Rusland se Minister van Buitelandse Sake, het Amerika se John Kerry, gewaarsku dat daar gevaarlike gevolge kan wees van militêre aksies wat teen die Siriese regering gevoer mag word.

 

Lawrof het blykbaar telefonies met Kerry in verbinding getree aangesien Moskou “besonder ontsteld” is oor die amptelike verklarings van die VSA wat dui daarop dat dié land gereed is om in te gryp in Sirië.

Sergei Lawrof het die aandag gevestig op die plofbare situasie in die Midde-Ooste en Noord-Afrika, indien die VSA militêr wil ingryp in die gebied.

Die VN magte, waarvan meer as 1,400 soldate vanaf Suid-Afrika gestuur is, moet nou ondersoek doen na die gifgas aanvalle wat baie inwoners se dood veroorsaak het.

 

Byna 4,000 mense is vir neuro-toksiese simptome in hospitale behandel

Foto – Sergei Lawrof