RSA weermag vertoon swak

Minstens nog een Suid-Afrikaanse soldaat is tydens skermutselings met rebellemagte gewond toe sogenaamde VN-vredesoldate in die Demokratiese Republiek (DRK) gister in ’n aanval op rebelle se stellings betrokke was.

’n Tanzaniër is deur skrapnel getref en is weens bloedverlies dood.

Die aanval is blykbaar gelei deur die Kongolese Weermag met die ondersteuning van VN-magte.

Die M23-rebelle in die DRK het, luidens die twiets beskikbaar, as oorwinnaars uitgetree uit die geveg.

Waarnemers wys daarop dat daar ’n algemene gevoel bestaan dat die Suid-Afrikaanse soldate nie juis bekend is vir hulle dapperheid nie en dat die weghardloop-neiging die land nie tot eer strek nie.

Foto-RSA soldate in DRK