Robbeneiland steeds gevaarlik

Die gevaar wat Nelson Mandela op Robbeneiland laat beland het, is waarskynlik net so ernstig gewees as wat die gevaar tans is om met dié eiland se veerbote daarheen te gaan.

Die veerbote is blykbaar so onbetroubaar dat daar nou eerder van privaat instansies se vervoer gebruik gemaak word om die voormalige tronk vir terroriste te besoek.

Die eiland se nuutste veerboot, Sikhululekile, is in 2008 aangekoop teen ’n bedrag van R26,5 miljoen. Ten spyte van vele waarskuwings van kenners dat die veerboot hoegenaamd nie geskik is vir die werk wat hulle daarmee wil doen om toeriste heen en weer te vervoer na Robbeneiland nie, is dit tog aangekoop.
Sikhululekile, kan 260 mense per rit vervoer, maar het sedert 2010 byna tien keer onklaar geraak.

Mashatile, Minister van Kuns en Kultuur, het erken dat die boot gedurende 2011 en daarna herstel is teen ’n koste van sowat R2 miljoen. Later moes ’n vêrdere reeks herstelwerk gedoen word teen ’n koste van net meer as R3 miljoen.
Die gevolg is dat die Departement van Kuns en Kultuur privaat huur transaksies moes aangaan om vervoer te reël vir besoekers. Dit het reeds meer as R2,5 miljoen beloop omdat die eiland se vervoer nie gereed is nie.

“Daar was minstens drie gevalle die afgelope maande waar mense op die eiland nie geskikte mediese behandeling kon ontvang nie omdat bote nie beskikbaar was nie. In een geval moes ’n polisieboot ontbied word vir ’n vrou wat op die eiland in kraam gegaan het,” het Van den Berg gesê.