Reuse ongeluk op N4 eis lewens

Minstens twee mense is dood en talle beseer tydens  ‘n ongeluk wat op die N4 net buite Pretoria plaasgevind het.

Volgens die nooddienste is vier vragmotors, ’n taxi-minibus en 12 motors in die ongeluk betrokke.

 

Dit is weereens ’n ongeluk wat plaasgevind het as gevolg van ’n veldbrand se rook langs die snelweg wat mense se uitsig belemmer het.

Benewens die twee persone wat in die ongeluk omgekom het, is ’n hele aantal mense ernstig beseer.

 

Die N4 tussen De Wildt- en Garankuwa-afritte moes gesluit word om opruiming te doen.

 

Waarnemers meen die ongelukke vind plaas omdat die paaie departemente nie meer die sykante van paaie behoorlik bestuur nie.